Jaco Nieuwenhuys

Pretoria

“My man is dood, twee weke na Covid-inenting”

PRETORIA. – Adelaine Nieuwenhuys (33) vertel van haar gesonde man se skielike dood twee weke ná hy die Covid-19-inenting ontvang het.
Jaco Nieuwenhuys (39) was volgens Adelaine ‘n baie gesonde man, wat elke dag geoefen het en ‘n “amazing man en pa” vir hulle vier kinders was.
“Jaco het twee weke gelede vir die Pfizer-inenting gegaan en het ná die inenting gereeld van borspyn gekla. Donderdagaand om 08:00 het hy begin kla van borspyn, en Jaco het nie gewoonlik gekla van pyn nie. Ek het hom gevra wat ons moet doen en of ons hom na die hospitaal toe moet neem”.
Adelaine vertel Jaco het twee keer, in Augustus en Desember verlede jaar, Covid-19 gehad en hy het gesê vandat hy die inenting geneem het, het hy gevoel of hy weer Covid-19 het. “Hy het aanhoudend gekla dat hy slym in sy bors het en dit nie uitgehoes kan kry nie.”
Hulle het Donderdagaand uiteindelik besluit om hom hospitaal toe te neem en omdat die mediese plan waarop Jaco was, hom nie by Montana-hospitaal wou help nie, het Adelaine eers gevra of hulle hom na die Kloof-hospitaal kon neem. Die paramedici het gesê hulle moet ongelukkig by die eerste hospitaal stop en so is hulle na die Muelmed-hospitaal.
By dié hospitaal vertel Adelaine het Jaco vir byna 15 minute in die Covid-19-tent van die pyn geskree. Jaco se mediese fonds kon hom ook nie by dié hospitaal help nie. “Ek het hulle toe gevra om hom ten minste net te stabiliseer voor hy weer na ‘n ander ambulans geneem word. Hulle het vir my gesê hulle sien baie dat mense ná die inenting van borspyn kla en dat hy “fine‟ gaan wees”.
Jaco is toe na die Louis Pasteur-hospitaal geneem waar hy in die ongevalle-eenheid opgeneem is. “Hy het 23:30 “gecrash‟ en ek moes toe deur die venster sien hoe hulle “chest compressions‟ op hom doen. Die laaste keer wat ek hom gesien het, was hy rustig. Hy het vir my gekyk en toe sy kop agteroor laat sak”.
Adelaine vertel Jaco wou aanvanklik nié vir die Covid-19-inenting gaan nie, maar het besluit om te gaan omdat almal by die Amerikaanse maatskappy waar hy werk, vir die inenting gegaan het.
“Ons het ‘n huis gekoop en ons verband is verlede week geregistreer. Ons sou Vrydagoggend 05:00 saam opstaan om in ons nuwe huis in te trek. Ek het Vrydag, alleen, weduwee met vier kinders, by ons nuwe huis ingetrek.”

COVID 19 INJECTION DEATH